+27825587189  
Hoe word jy lid van Vrystaat Jagters

Hoe word jy lid van Vrystaat Jagters


Vrystaat Jagters is ‘n vrywillige organisasie sonder winsbejag, soos blyk uit die Grondwet van Vrystaat Jagters en lidmaatskap van die vereniging is total en al vrywillig.

Omdat Vrystaat Jagters daarne strewe om aan persone die geleentheid te bied om sy/haar liefde vir jag, vuurwapens en die natuur uit te leef, is ons lede in verskeie takke regoor die lengte en breedte van die Vrystaat Provinsie versprei.

Dit word aanbeveel dat ‘n voornemende lid van Vrystaat Jagters eers bepaal en besluit by watter een van die verskeie takke van Vrystaat Jagters hy/sy wil inskakel.


Die kontakbesonderhede van die bestuur van elkeen van die takke is beskikbaar by die kantoor van Vrystaat Jagters naamlik:


1ste Vloer Bloemgate Sentrum, Brandwag, Bloemfontein, 9301

Selfoon:  082 558 7189
Epos:  lita@vsjagters.co.za
 

‘n Voornemede lid moet ‘n aansoekvorm invul en voltooi, welke vereis dat hy deur ‘n  2 lede van Vrystaat Jagters voorgestel en ook gesekondeer word.

Die aansluitingsvorm maak voorsiening vir jou fisiese en posadres, maak seker dat jy dit duidelik en leesbaar voltooi.

Die aansluitingsvorm, maak ook voorsiening vir ‘n epos adres en selfoon nommer, maak seker dat jy dit duidelik en leesbaar voltooi – baie belangrike inligting word by wyse van elektroniese media en/of sms aan lede versprei en daarom is dit ook belangrik dat jy enige wysiging in hierdie of ander inligting aan Vrystaat Jagters deurgee.

Die voltooide aansoekvorm word dan, tesame met die voorgeskrewe aansluitingsfooi en jaarlikse ledegelde (welke vooruitbetaalbaar is)by die bestuur van die plaaslike tak ingehandig, waarna dit deur die tak aan Vrystaat Jagters se kantoor versend word vir hantering.  

Die nuwe lid se naam word op die spesifieke tak/die tak van sy keuse se naamlys van lede geplaas en word die opgedateerde ledelys van tyd tot tyd aan die takbesture versend vir kennisname.

Die nuwe lid ontvang ‘n lidmaatskapkaartjie vanaf die vereniging, welke hieronder meer volledig bespreek word.

Dit is elke lid se verantwoordelikheid om na eie keuse onmiddelik in te skakel by sy spesifieke takaktiwiteite, wat insluit,  maar nie beperk is nie tot, vergaderings, skietoefeninge en ander jagverwante aktiwiteite. 

Dit is die verantwoordelikheid van elke lid om Vrystaat Jagters en Natuurbewarings Vereniging van enige verandering in sy besonderhede, pos- en woonadres adres, te voorsien. Hierdie kan gedoen word deur die inligting skriftelik aan jou plaaslike tak en of die kantoor van Vrystaat Jagters deur te gee. 

Indien ‘n lid nalaat om dieselfde te doen, kan belangrike inligtingstukke nie aan hom/haar versend word nie en sal sodanige lid nie op geen stadium kan aanvoer en/of as verweer kan opper dat belangrike dokumente en/of kennisgewings nie deur hom/haar ontvang is nie.

Dit is die verantwoordelikheid van elke lid wat aan wie enige Toegewyde Status status toegeken is, om aan al die vereistes vir behoud van sodanige status, te voldoen en  indien ‘n lid nalaat om dit te doen sal sodanige lid se naam van die lys van Toegewyde persone verwyder word, sal die verlies van sodanige status aan die Sentrale Vuurwapenregister gerapporteer word en kan die lisensies vir vuurwapens daardeur in gedrang kom.

Elke lid is verplig om Vrystaat Jagters en Natuurbewarings Vereniging in te lig indien hy/sy toegewyde jagterstatus hou deur ‘n ander geakkrediteerde jagvereniging en word daar (onderhewig aan die nakoming van sekere vereistes ) voorsiening gemaak vir die erkenning en oordra van sodanige status.
Indien jy reeds lid is van ‘n ander CHASA lidvereniging moet jy na jou keuse jou primêre lidvereniging kies, wie se verantwoordeliheid dit dan ook is om jou CHASA lidmaatskapgelde aan CHASA oor te betaal en jou status vereistes te bevestig.


TIPES LIDMAATSKAP VAN VRYSTAAT JAGTERS
 

  • Senior lede (mans en vrouens tussen die ouderdom van 18 en 64 jaar) 
  • Familie paket (waar persoon as senior lid aansluit en terselfdertyd ook sy/haar gade en kinders/student kinders as lede inskryf – betaal slegs eenmalig die voorgeskrewe aansluitingsfooi)
  • Pensionarisse (mans en vrouens bo die ouderdom van 65 jaar)
  • Junior lidmaatskap (seuns en dogters tussen die ouderdom van 10 en 18 jaar)
  • Studente lidmaatskap (voltydse student, moet bewys lewer)


Aansluitingsfooie
 

Die aansluitingsfooie word van tyd tot tyd op die Algemene Jaarvergadering van Vrystaat Jagters vasgestel en die huidige aansluitingsfooie is as volg:

  • Senior lid – R200.00
  • Familie paket –R200.00 (vir die hele gesin, wat insluit gade, kinders of student van senior lid wie aansluit)
  • Pensionaris –R200.00
  • Junior lid-R75.00 (indien junior lid nie as deel van familiepaket aansluit nie)
  • Student –R75.00 (indien student nie as deel van familiepaket aansluit nie)


Ledegelde
 

Ledegelde van toepassing op alle tipes lidmaatskap, word jaarliks op die Algemene Jaarvergadering van Vrystaat Jagters bepaal.
Dit is elke lid se verantwoordelikheid om toe te sien dat sy/haar ledegelde op datum betaal is (ongeag of ‘n rekening ontvang is al dan nie). 
Ledegelde van ‘n spesifieke jaar, is jaarlikse vooruitbetaalbaar voor of op 31 Desember van die jaar waarin die bedrag van ledegeld vasgestel is en lede wie se ledegelde teen 31 Maart van die jaar volgende op die Algemene Jaarvergadering nog uitstaande is word sonder kennisgewing summier van die ledelys verwyder.
Junior lede en/of voltydse student, betaal slegs in die jaar van aansluiting ledegeld en is daarna vrygestel, totdat hulle die ouderdom van 18 jaar bereik of hul studies voltooi,  uitgesluit in die geval van ‘n junior lid of voltydse student wie oor Toegewyde Status beskik, in welke geval sodanige junior lid of student, die normale jaarlikse ledegeld op junior lede/studente, soos vasgestel, moet betaal.
‘n Pro rata lidmaatskap van 50% van die normale jaarlikse lidmaatskap is betaalbaar vir lede wat na einde Mei van ‘n spesifieke jaar aansluit.


Sportskiet ledegelde
 

Elke toegewyde sportskut moet jaarliks bo en behalwe sy normale lidmaatskap ook sportskiet lidmaatskapgelde van betaal, welke lidmaatskapgelde  jaarliks voor of op 30 Junie betaalbaar is. 


Ledekaartjie
 

Elke lid van Vrystaat Jagters ontvang by aansluiting en jaarliks daarna ‘n gedrukte ledekaartjie as bewys van lidmaatskap, waarop die volgende verskyn:
 

  • Toegewyde Sportskut Nommer:  (CSFS, gevolg deur die jaar waarin Toegewyde Sportskut Status verwerf is en dan die volgnommer van jaar) 
  • Toegewyde Jagters Nommer:   (CFS, gevolg deur die die jaar waarin Toegewyde Jagter Status verwerf is en dan die volgnommer van die jaar)
  • Identiteitsnommer 
  • Voorletters en van
  • Adres
  • Vrystaat Jagters Lid nr: (die eerste nommer is vir die eeu, die daaropvolgende 2 syfers is aanduidend van die jaar van daardie eeu waarin aangesluit is en die laaste 3 nommers is die volgnommer van daardie spesifieke jaar–bv. 207061 dui aan dat die lid in 2007 aangesluit het en die 61ste lid is wie in 2007 aangesluit het)
  • Datum van aansluiting
  • Die periode waarvoor die lidmaatskap kaartjie geldig is – die spesifieke jaar waarvoor dit geldig is
     

NB: Maak seker dat jy ‘n jaarprogram van die takaktiwiteite ontvang! 
NB: Neem kennis dat takprogramme van alle takke ook jaarliks in Januarie op die webwerf van Vrystaat Jagters geplaas word – gaan kyk gerus by www.fshunters.co.za onder die hofie “kalender”.
NEEM KENNIS: Jy kan jou lidmaatskap kaartjie by Freddie Hirsch en/of  Crown National gebruik en 10% op jou aankope van hulle produkte afslag verdien.


Opleiding
 

Vrystaat Jagters bied aan lede die volgende opleidings geleenthede:
 

  • Chasa Bekwame Jagter (Chasa Senior Jagter Handleiding, Chasa Bekwame Jagter kursus,  Chasa Bekwame Jagter Eksamen en Praktiese skiettoets, waar lid met jaggeweer van enige kaliber of jaghandwapen of haelgeweer of boog of swartkruit geweer,  kan kwalifiseer- sien aangehegte formaat van die kwalifiserende skiettoets)  
  • Koste van die Chasa Bekwame Jagter handleiding beloop R150.00 en die koste van die Chasa Bekwame Jagter eksamen en skiettoets beloop R100.00, wat insluit die Chasa Bekwame Jagter sertifikaat wat jy na suksesvolle voltooiing ontvang. 
  • Chasa Toegewyde Sportskut 
    • Senterslag jaggewere
    • .22 gewere
    • Senterslag Jag Handwapens
    • Semi Outomatiese Senterslag gewere 
    • Semi Outomatiese .22 gewere – Chasa Tabelle en Nasionale ranglys
  • Chasa Toegewyde Sportskut - NRA –Chasa Handwapen Sport Skiet – Tyro baan                                                                                                                             
  • Chasa Amptelike meters – SA Meetmetode
  • Chasa Baanoffisiere


Alle kursusse word sover moontlik gratis aangebied. Dit mag egter van kursusgangers verwag word om ‘n baanfooi te betaal en/of bydrae tot kursus aanbieders se werklike uitgawes, te maak

Die voorgeskrewe fooi verbonde aan die uitreik van ‘n formele Chasa Sertifikate beloop R100.00 en moet deur die lid self betaal word.
 

Chasa kentekens is teen betaling beskikbaar, vir onder andere:
 

  • Chasa Bekwame Jagters; en
  • Chasa Skietbalkies in brons, silwer, goud en goud 100 vir die Chasa Praktiese skiettoets; en
  • Chasa Toegewyde Jagter; en
  • Chasa Toegewyde Sportskuts; en
  • Skietbalkies vir skutter, skerpskutter, expert, meester en grootmeester; en
  • Chasa Baanoffisiere; en
  • Chasa Amptelike Meters


 

© Copyright Vrystaat Jagters 2025. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Vrystaat Jagters.